Monday, 22 April 2013

Flapjacks...Crumpets...Pancakes...Plaatkoekies

Almal het hulle eie naam vir die heerlike goedjies wat enige gewone ontbyt sommer baie meer lyf gee.

Die volgende resep gaan julle almal se lewens onherroeplik verander en ek se dit nie omdat ek van beter weet nie.... Alhoewel ek weet...ek se dit omdat ek bloot so entoesiasties is daaroor.

Meng net die volgende bestanddele en hou dit in n mooi glas fles net reg om verder gemeng te word op daardie saterdae en sondag oggende wat almal die vrou van die huis dop hou om met iets indrukwekkends voor n dag te kom.

Al wat dit verg is om van die droe bestanddeel mengsel in n mengbak te skep en eier, melk en gesmelte botter by te klits en 'walaah' .....flapjacks galore!

Vir die flapjack mengsel meng die volgende saam en bêre in n lugdigte houer:

600gr koekmeel
3 x 15ml bakpoeier (my engelse vriende - baking powder)
10ml koeksoda (bicarbonate of soda)
5ml salt
40gr strooisuiker (castor sugar)

Om die beslag en flapjacks uiteindelik in die pan te kry, meng dit soos volg:

1 eier
250ml melk of karringmelk
15ml botter, gesmelt

Saam met 150gr van die flapjack mengsel uit jou koskas

Skep sowat 2 opskeplepels (30ml) op n slag in n warm riffel of gewone non-stick pan en as daar klein borreltjies op die bokant verskyn is dit reg om omgedraai te word, om dit mooi goudbruin aan albei kante te maak. ń Minuut aan elke kant behoort die ding te doen.

Lewer ongeveer 12 flapjacks.

Bedien met crispy bacon, baie maple stroop, dalk n saggebakte eiertjie ook by en groot handvol vars koljander blare om als perfek af te rond.

Moet nou nie dat ek by julle kom en die mengsel is nie in julle koskaste vir "ready, steady, EAT"



Friday, 12 April 2013

Vinger in die Kaaswors

Franki se woorde was "ek sal vir ons kaaswors maak as julle kom kuier vir paasnaweek".

So het die kaaswors storie begin.....met ons kuiertjie in Mosselbaai het ek en Johan die kaas gekoop.

Vleis was nie te koop of in stock nie, net te ruil vir n deel van die kaaswors....baie dankie Schalk Botes.

Heerlike welkome reen het die Karoo aarde verfris vir die twee weke voor paasnaweek en met die reen en donderstorms was daar erge hael en om my pa aan te haal: " sussie, hael so groot soos hoender eiers". Die hael het 18, AGTIEN van die ou plaashuis se klein kombuis vensters flenters geslaan.

Franki en Johan het n redelike tyd van paasnaweek aan die herstel van die vensters bestee.......was omtrent om soos na n RSG radio liefdes drama te luister tussen die twee van hulle....."moenie so hard kap nie", "jy breek alles", "dis vintage vensters" en so het dit aan gegaan.

Dit was net so terloops, terug by die kaaswors. So het die donderstorms dan die krag drade beskadig en was die plaas sonder elektrisiteit van die dinsdag tot die donderdag aand. Alternatiewe koelhou metodes moes gou gevind word en daarvoor bedank ons die bure, Joseph en Ilze Steyn vir die berg van die kaaswors vleis mengsel in hulle koelkamer.

Franki het die kaaswors gemaak toe die krag weer aangekom het en ywerige vuurmakers en stokers, Johan en Steve het gehelp met die rook van die kaaswors.

Dit bring my dan by die naam van die storie, Vinger in die Kaaswors......behoorlik almal het n vinger daarin gehad en die res van ons het gehelp met die proe en eet daarvan! En soos ons Franki ken het elkeen sy regverdige deel van die opbrengs gekry.

O ja en amper vergeet ek om te sê, ekself het die 2kg kaas in half by half sentimeter blokkies gesny, dit was toe ek na die RSG liefdes drama buite die kombuis venster sit en luister het.

Vir enige een wat kaaswors by Franki wil bestel, dit kos R250/kg....net omdat die sny van die kaas n baie lang veeleisende werk is! Of was dit dalk die storie op die radio se skuld.....






Botter Boontjies

Butter beans soos dit op die blikkie staan, so ek is verseker dat my direkte vertaling totaal verkeerd is, maar dit sê so lekker en klink so mooi vir my!

Hierdie is n resep van my "favourite celebrity chef" - JAMIE OLIVER

Wat noem n mens dit nou weer..... Kopie regte voorbehou, geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word op enige manier......blablabla......Wel ek sou meer daaraan dink as bemarking. In elk geval is ek verseker Jamie kan nie Afrikaans verstaan of lees nie, so ek deel dit met julle, seker hy sal tog nie omgee nie.

Jy het nodig:

3-4 repies streaky bacon
2 tamaties
1 blikkie butter beans
Olyf olie
Sout en swart pepper
Wit druiwe asyn
Vars Basil blare

Verhit n knertsie olyf olie in n pan.......n Jamie Oliver non-stick pan.
Sny die bacon in blokkies en braai tot bros en goudbruin.

Sny die twee tamaties sommer rofweg op en voeg by die bacon.
Voeg dan ook die hele blikkie butter beans by tesame met die sappe waarmee dit ingele is.

Laat die hele spulletjie oor stadige hitte lekker prut tot meeste van die waterigheid weggekook het.

Geur met sout en varsgemaalde pepper. En gooi n skootjie van elk olyf olie en asyn by.
Net voor opdien roer opgekapte basil blare by.

Hierdie boontjies is heerlik saam met brosgebraaide maalvleis, roosmaryn en growwe sout oondgebakte aartappels in die skil en n kraak slaaitjie.

Mense ek sê vir julle dis verby lekker! En terwyl julle so eet maak sommer n mental note om vir julle Jamie Oliver se 30 Minute Meals kookboek aan te skaf!