Franki se woorde was "ek sal vir ons kaaswors maak as julle kom kuier vir paasnaweek".
So het die kaaswors storie begin.....met ons kuiertjie in Mosselbaai het ek en Johan die kaas gekoop.
Vleis was nie te koop of in stock nie, net te ruil vir n deel van die kaaswors....baie dankie Schalk Botes.
Heerlike welkome reen het die Karoo aarde verfris vir die twee weke voor paasnaweek en met die reen en donderstorms was daar erge hael en om my pa aan te haal: " sussie, hael so groot soos hoender eiers". Die hael het 18, AGTIEN van die ou plaashuis se klein kombuis vensters flenters geslaan.
Franki en Johan het n redelike tyd van paasnaweek aan die herstel van die vensters bestee.......was omtrent om soos na n RSG radio liefdes drama te luister tussen die twee van hulle....."moenie so hard kap nie", "jy breek alles", "dis vintage vensters" en so het dit aan gegaan.
Dit was net so terloops, terug by die kaaswors. So het die donderstorms dan die krag drade beskadig en was die plaas sonder elektrisiteit van die dinsdag tot die donderdag aand. Alternatiewe koelhou metodes moes gou gevind word en daarvoor bedank ons die bure, Joseph en Ilze Steyn vir die berg van die kaaswors vleis mengsel in hulle koelkamer.
Franki het die kaaswors gemaak toe die krag weer aangekom het en ywerige vuurmakers en stokers, Johan en Steve het gehelp met die rook van die kaaswors.
Dit bring my dan by die naam van die storie, Vinger in die Kaaswors......behoorlik almal het n vinger daarin gehad en die res van ons het gehelp met die proe en eet daarvan! En soos ons Franki ken het elkeen sy regverdige deel van die opbrengs gekry.
O ja en amper vergeet ek om te sê, ekself het die 2kg kaas in half by half sentimeter blokkies gesny, dit was toe ek na die RSG liefdes drama buite die kombuis venster sit en luister het.
Vir enige een wat kaaswors by Franki wil bestel, dit kos R250/kg....net omdat die sny van die kaas n baie lang veeleisende werk is! Of was dit dalk die storie op die radio se skuld.....
lyk omtrent na lekker kuiertjie
ReplyDelete