Monday, 22 April 2013

Flapjacks...Crumpets...Pancakes...Plaatkoekies

Almal het hulle eie naam vir die heerlike goedjies wat enige gewone ontbyt sommer baie meer lyf gee.

Die volgende resep gaan julle almal se lewens onherroeplik verander en ek se dit nie omdat ek van beter weet nie.... Alhoewel ek weet...ek se dit omdat ek bloot so entoesiasties is daaroor.

Meng net die volgende bestanddele en hou dit in n mooi glas fles net reg om verder gemeng te word op daardie saterdae en sondag oggende wat almal die vrou van die huis dop hou om met iets indrukwekkends voor n dag te kom.

Al wat dit verg is om van die droe bestanddeel mengsel in n mengbak te skep en eier, melk en gesmelte botter by te klits en 'walaah' .....flapjacks galore!

Vir die flapjack mengsel meng die volgende saam en bêre in n lugdigte houer:

600gr koekmeel
3 x 15ml bakpoeier (my engelse vriende - baking powder)
10ml koeksoda (bicarbonate of soda)
5ml salt
40gr strooisuiker (castor sugar)

Om die beslag en flapjacks uiteindelik in die pan te kry, meng dit soos volg:

1 eier
250ml melk of karringmelk
15ml botter, gesmelt

Saam met 150gr van die flapjack mengsel uit jou koskas

Skep sowat 2 opskeplepels (30ml) op n slag in n warm riffel of gewone non-stick pan en as daar klein borreltjies op die bokant verskyn is dit reg om omgedraai te word, om dit mooi goudbruin aan albei kante te maak. ń Minuut aan elke kant behoort die ding te doen.

Lewer ongeveer 12 flapjacks.

Bedien met crispy bacon, baie maple stroop, dalk n saggebakte eiertjie ook by en groot handvol vars koljander blare om als perfek af te rond.

Moet nou nie dat ek by julle kom en die mengsel is nie in julle koskaste vir "ready, steady, EAT"



No comments:

Post a Comment