Oulike masjien waarmee mens baie kan doen, meringue styf klits, botter en suiker verroom....ek onthou nog ons week van koekbak by die chef skool....Mev. Prinsloo het ons dit met n hout lepel laat doen.....wonder nou nog of sy chefs met sterker arms die wereld wou instuur en of sy elektrisiteit wou bespaar!?
In elk terug by wat die oulike masjien nog kan doen, dit meng die wonderlikste sagste verleidelikste sjokolade cupcakes, meeste van julle het dit darem sekerlik al geproe.... Indien nie maak n afpsraak vir choc cupcakes en tee.....JY MOET DIT PROE!
Verder kry mens ook allerhande "attachments" vir die masjien soos n maaler, citrus versapper en tot n wors stopper....daaroor sal ek eersdaags blog aangesien ons eie wors wil probeer maak.
Dan kan dit ook knie, brood deeg knie. En dis nou eintlik die hele punt van my storie, ek gebruik dat glad nie vir brood deeg knie, want my geliefste Johan knie altyd vir ons brood deeg!
Hier is sy resep:
+/- 1kg brood meel
10gr of dan 1 koevertjie kits gis
10ml sout
10ml suiker
600ml lou warm water
25ml olyf olie
Die meel, gis, sout en suiker word gemeng in n lekker groot skottel. Gooi die olyf olie by die lou warm water en voeg so twee derdes van die mengsel by die meel mengsel. Johan soek dan altyd n groot tand vurk in my kombuis en moet my slaai opskep vurk gewoonlik die werk doen. Meng dan die meel en water mengsel goed met die vurk tot dat jy sien nou sal jy moet inspring met jou hande.
Soos jy aangaan sal jy nog water by voeg of anders nog n bietjie droe meel. Dan hou jy aan met knie en die mengsel om te werk met jou hande. My ma sê altyd jy moet knie totdat jou hande weer skoon is, en by daardie tyd behoort die mengsel al goed vorm te begin aannneem en kan jy dit uit die skottel keer en op n kombuis oppervlak knie tot n gladde goed deur gekniede bol deeg. As jy saggies met jou vinger teen die deeg druk en dit terug spring is dit reg.
Pappa se ywerige klein helpertjie....en deeg eetertjie!
As dit klaar gerys het begin die pret eers want dan word daar besluit wat ons alles met die deeg gaan maak....gewoonlik n broodjie, potbrood of roosterkoek met n deel van die deeg.
Vir n brood of potbrood moet jy die deeg afknie en vorm en in die broodpan of pot sit. Dan moet jy dit weer op n warm plekkie sit om tot dubbel die grootte te rys voor dit oond of vuur toe kan gaan.
Groot gunsteling, baie pret om te maak en lip lek lekker om te eet is brood wiele met die res van die deeg. Rol deeg in reghoekie vorm en smeer n lekker geurige tamatie pasta oor gevolg met bacon, chorizo of salami, vars sampioene, ontpitte olywe, baie vars kruie en laastens kase, feta en sterk cheddar. Nog n rêrige lekker bestanddeel om op te sit is anchovies, en dis so lekker op die brood wiele dat Johan heeltemal te veel eet en die uit einde n gout aanval in sy groot toon is.
Om op te som is dit basies soos pizza maak met die verskil dat jy dan nou die hele spulletjie op rol soos n rolkoek, in wiele sny, los vir n half uur om effens te rys en dan vir so plus munis 30 min te bak.
En as jy gelukkig genoeg is dat daar nog n handjie vol deeg oorgebly het, spuit n plastiek sakkie met 'Spray n Cook' en bêre in die yskas vir sondag aand se vetkoek bak en eet met regte botter en heuning!
No comments:
Post a Comment