Friday, 31 May 2013

Ons projekte 2013

Als begin by die gaste badkamer wat vir die afgelope ses jaar dieselfde baadjie aangehad het. Ek onthou hoe Johan net nadat ons hier ingetrek het een nag tot laat besig was met die verf van die mure....ek het nou maar eenmaal n man duisend....nee tien duisend! 

So die badkamer het nuwe lewe gekort, ons het besluit op strepe verf teen die mure, nuwe blinding en die sogenaamde rooi toilet.....As Johan vir Ilan bad en hy vra of Ilan wil uitklim, hoor ek altyd die stemmetjie wat beslis sê: "Pappa sit nog rooi toilet", dan sit Johan maar nog bietjie geduldig op die rooi toilet stoel en wag dat Ilan klaar maak met sy water kaskanades.

   


Groot was die dilemma met Ilan se koms, ons kort n babakamer! Opsies was daar min en studeerkamer moes garage toe skuif waar arme Johan in die winter vrek verkluim van die koue en in die somer vrek skroei van die hitte. 

Die wat Johan goed ken sal wel weet dat winterkoue hom min pla en mens sien hom selde met iets meer as net n hemp..... wil mos alewig Sutherland toe trek waar die temperature mos sommer maklik onder die minus grade rond speel. 

Somer is wel n ander storie en met reeds drie "aircons" in ons huis, is ek bevrees die garage gaan volgende wees.

So nou was dit nog ek wat n sit plekkie gekort het en ek het iets spesifieks ingedagte gehad wat ek my stempel op kon afdruk. So groot was my vreugde toe ons n tydjie gelede in Paarl se Hoof straat ry en ek my tafel sien, dadelik gestop om dit van nader te gaan besigtig, presies wat ek gesoek het en die prys ń skamele R599.00 

Met die tafel styf onder my arm is ons huistoe en het die lekker eers begin.....skrop, skuur, verf, kers was smeer, weer verf en nog n bietjie skuur en krap.....en uiteindelik PERFEK, my eie tafel nessie!

  
   
    







Amper vergeet ek om te vertel dat Johan vir my n spesiale rakkie ingesit het vir my laptop.

Dankie ook aan Jeanette wat n stoel uitgegooi het en toe uitstal stuk in ons tuin geraak het....ons het dit vinnig gaan red van natuur elemente en dit n glans rooi emalje laag verf gegee, want ek het mos n sit ding ook gekort!!

Oor ons volgende projek gaan ek nie veel sê nie, behalwe dat ek verseker is dit by almal mooi herinneringe van hulle kinder jare sal hê, want almal sal hierdie swaaie maar te goed onthou.

Ons het dit vir die eerste keer in ń lang tyd weer raakgeloop by die n coffee shop in Paarl, "Tea Under the Trees", daar sit jy koel in die warm van die Paarl somer, onder die mooiste akkerbome, op die lowerste groen gras met n pragtige tuin. Hulle bedien heerlike kaas en wortelkoek wat jy kan afsluk met tuisgemaakte "rose geranium of lemon cordial".

Goed, genoeg bemarking! Hulle bied dan ook afleiding vir die kleintjies wat aan ma se rokspante vasgegom is in die vorm van hierdie swaaie.

Johan se gesoek het dadelik begin en ek moet bieg ek was nie juis opgewonde toe ek die eerste keer ń foto van dié swaai gesien het nie, maar ek bedank Fanie wat help soek het.
 
En tussen Johan en Elias met Ilan wat toesig gehou het is dit iets wat ek glo enige kind se hart sal laat vinniger klop......Ilan moet die gelukkigste klein seuntjie met die trotste pappa op aarde wees!!












Ek kan nie glo Ilan raak volgende week 2 jaar oud nie, daardie kleine hulpelose babatjie het nou n seuntjie geraak, ons seuntjie! 

Hy maak die hadeda's wat oor die huis vlieg en roep na, hy hardloop om die vliegtuig te gaan kyk wat oorvlieg, dit wriemel sy lyfie van opgewondenheid as hy sy pa se stem hoor, hy sê vir my 'nee' as ek mooi vra dat hy tog vir Mia en Felix in vrede op die bed moet los waar die twee knus lê en slaap,  knyp sy ogies styf toe as Johan tafelgebed doen, hy kies watter pap hy wil eet en vra vir 'nog net een stokkelekker 'blief ma'.

Nou ja so het dit ook dan tyd geraak vir sy eie regte egte groot klein mensie bedjie.

Johan het beplan en beplan, sketse geteken en ons het selfs gaan inloer by Kidz City (peperduur).
So twee weke terug een vrydag middag laat praat ons weer oor die bedjie en Johan sê hy gaan gou Builders Warehouse toe ry, ek dog om sommer planke te gaan meet, rond te kyk en pryse te kry. Toe ek weer sien is Johan terug met n vraggie planke en dit woel en werskaf in die garage.

Nou kom daar baie gedagtes by my op... Goed soos "en een twee drie", "voor jy kan sê mes" en selfs "wham bam thank you mam"...... Dit was so gou soos die bedjie kant en klaar was en Ilan dit uitgetoets het! Dankie pappa! 







Skelmpies dink ek, ek is baie blyer as Ilan oor hierdie bedjie.......het julle al die pak plek onder die bedjie gesien met deksel wat kan oplig soos ń kis......ek het ń wonderlike man!! Hy het homself ook darem so bietjie bederf met die oulike hang plekkies vir sy braai rooster en tange. En pragtige rakke vir my goedjies ek so lief is om te snuffel koop en ook n plekkie moet kry. Dankie pa vir die planke! 

Kan nie wag vir ons volgende projek nie......hoor daar is n klim raam met afgly plank vir Ilan in die pyplyn en ek dink die "water feature" kort n behoorlike upgrade!!








No comments:

Post a Comment