So lekker as n snack, starter of saam met hamburgers of pulled pork buns....en dis vinnig om te maak en glad nie so n gemors soos wat mens dink nie.
Bestanddele:
2 groot uie in dikkerige ringe gesny
2 liter olie
250ml koekmeel
125ml mielieblom (maziena)
5ml bakpoeier
2ml koeksoda
2,5ml paprika
1 botteltjie beer soos Windhoek, Millers of Amstel
60ml vodka
Sout
Metode:
Meng die meel, mielieblom, bakpoeier, koeksoda, paprika en sout in n medium grootte bak.
Meng die bier en vodka.
Intussen maak ook solank die olie warm in n redelike diep pot.
Voeg die bier mengsel stadig by die meel mengsel en klits aanmekarr tot die mengsel die tekstuur van dik verf het. Moenie oormeng nie
Druk n paar uie ringe op n slag in die meel mengsel en maak seker dit is oral goed bedek met die mengsel, laat die oortollige mengsel afdrup en laat val elkeen stadig in die warm olie.
Dit braai redelik vinnig tot goud bruin en kan dan omgekeer word om aan die ander kant ook mooi te maak.
Haal uit in n bak wat met handdoek papier uitgevoer is sodat oortollige olie kan afdrup en sit dan op n bak plaat sodat jy dit in die oond kan warm hou - so by 160 grade.
Maak die res op dieselfde manier gaar, pasop net om te veel ringe op een slag in die olie te sit.
Bedien warm - dis heerlik en erg verslawend....
No comments:
Post a Comment