Friday, 1 March 2013

Oom Hennie & Tannie Willene se beskuit resep

Defnitief n bietjie of maak dit sommer baie senuweeagtig.......het ek dit reggekry om my eie blog te begin. Dankie tog aan my meester blogger se mooi praat om dit te probeer....Marna

Dan val ek sommer met die deur in die huis met oom Hennie en tannie Willene se beskuit.

So paar jaar gelede was ons eendag by hulle aan huis en is van hierdie heerlike tuisgebakte beskuit saam met koffie bedien. En soos baie my ken is ek nie skaam om vir pen en papier te vra nie, want die resep moet saam huistoe om sommer more nog gebak te word.

Nou ja na ons amper eers die beskuit blik leeg geeet het, is ons daar weg, ek met resep veilig in my handsak.

Hier volg dit dan:

1 kg koekmeel
8 teelepels (40ml) bakpoeier
2 koppies semels
3 koppies All Bran Flakes met die hand fyngedruk
Handvol sonneblom pitte
En om Marna aan te haal "n rapsie sout" - die mooiste ek nog gehoor het

Meng al die bogenoemde bestanddele in n groot meng skottel,
as jy gelukkig is n mooi ou enamel skottel
Smelt 375gr botter of bak margarine in n groot glasbeker....sommer in die mikrogolf oond

Voeg dan by:
2 koppies suiker
500ml karringmelk
2 eiers
1 koppie sonneblom olie

Meng dit alles goed en voeg dan die hele nat spulletjie by die droe bestandele.
Meng alles goed tot klewerige deeg, deel die mengsel eweredig tussen twee gesmeerde panne en maak dan snytjies in die deeg om dit maklik na die bak slag te sny om uit te droog.

Bak vir ongeveer 45 minute by 180 grade tot mooi goud bruin. Droog by 80 grade vir 4-5 ure. Lewer ongeveer 70 stukkies afhangende van hoe groot jy dit sny.

So n baksel beskuit hou nooit lank in ons huis nie, alhoewel Johan nie eintlik n beskuit eter is nie.......skuldiges moet dan ekself, Angelique en Ilan wees, o ja en as Marna altyd in Desember en Januarie kom kuier help sy ook graag n gat in die blik eet, dis nou na n aand van springbokkies en karoo lam tjoppies









No comments:

Post a Comment