Wat is dan nou beter om n hele klompie handgemaakte en ongebakte "pies" in die vrieskas te he vir daardie tye wat daar gou iets gemaak moet word om honger magies te vul en die tyd maar min is........veral as Ilan se: "mamma vleisie he 'blief"
Bevoorreg is ons dan beslis ook vir die gereelde ontvang van n vraggie wildsvleis van die plaas af, soms self so gelukkig dat dit reeds van die been afgekook is of ander kere kook ek dit self tot groot genot van Johan wat elke beentjie skoon lek.......Dankie Frankie
Tussen Frankie en my ma het hulle twee dan ook gemeng en gerol vir die beste pastei deeg resep tot dusver gevind wat soos volg verloop:
PASTEI DEEG
3 koppies wit broodmeel
3 koppies koekmeel
500gr Stork Bake margarine of botter
5ml kremetart
7.5ml sout
Meng al die droe bestanddele saam in meng skottel of in die bak van n elektriese meng bak.
Rasper die margarine of botter by die meel mengsel en werk die botter met die hande of hak stuk van die menger in, totdat dit lyk soos growwe broodkrummels.
Meng dan die volgende saam:
3 eiergele
60 ml wit asyn
3/4 koppie (190ml) yskoue water
Voeg by die meel en botter mengsel en meng tot hanteerbare deeg. Vir die beste resultate deel die deeg in die helfte en vorm twee dikkerige plat sirkels, bedek met kleef plastiek en laat rus in die yskas vir so 30 min.
Met my twee ywerige rollers en proeers in die rondte begin die lekker samesyn van uitrol dan, meel strooi, sirkels uit druk, tinfoelie bakkies uitvoer met deeg, dit vul met die sorgvuldig gekruide wildsvleis, deeg deksels opsit en die afrond met die druk van vurk tande al op die rand van elke bakkie.
Natuurlik word daar sommer daar en dan n paar in die oond gedruk om te proe en onsself te beloon vir die harde lekker werk!!
Ek en Johan laat mekaar se monde water met die uitdink van vulsels wat ons nog wil probeer met hierdie lekker pastei deeg resep........green pepercorn steak, creamy smoked chicken & leeks en selfs n lekker lams kerrie.
Hoop daar gaan sommer nog vele heerlike pastei maak span pogings wees!
No comments:
Post a Comment