Wel as Lisa vir my granadillas gee, heeltemal te veel om te hanteer dan maak ek granadilla lemon meringue en granadilla curd. Natuurlik sny ek die mooi vruggies eers oop en skep die pulp in bakkies wat ek vries vir wanneer ek meringue of curd wil maak. En ek moet nog die granadilla koeldrank stroop resep wat my ma gegee ook probeer.
Hier is die beste (granadilla) lemon meringue resep ooit.... Jacolene se resep
Die Kors:
200gr tennis beskuitjies wat jy fyn druk en meng dan so 75ml gesmelte botter daarby. Gebruik n 22cm oond vaste tertbord of 'springform' koek pan en spuit dit met Cook n Spray. Druk die fyn krummels vas in die tert bord... ń gewone plat boom koeldrank glas werk baie goed vir hierdie werkie.
Verkoel die kors dan vir 15min in die vrieskas
Die Vulsel:
2 blikkies kondensmelk
15ml gerasperde suurlemoen skil
125 ml vars uitgedrukte suurlemoen sap
200 ml granadilla pulp (jy kan die granadilla pulp uit laat as jy net n lemon meringue wil maak)
4 eier gele
Die Meringue:
4 eier witte
10 ml suurlemoen sap
60 ml strooisuiker (castor sugar)
60 ml versiersuiker (icing sugar)
10 ml mielieblom (corn flour - Maziena)
Verhit die oond tot 170°C.
Meng die kondensmelk, suurlemoen skil, suurlemoen sap, granadilla pulp en eiergele saam in n mengbak. Klits tot goed gemeng. Gooi die mengsel in die voorbereide tertbord en bak vir 20min sonder die meringue.
Klits die eierwit met n elektriese handklitser tot skuimerig en voeg dan die suurlemoen sap by en ook die strooisuiker. Klits tot sagte punt stadium en sif dan die versiersuiker oor. Klits verder tot stywe punt stadium.
Sif die mielieblom in n fyn egalige lagie oor die vulsel en skep dan die meringue bo op. Die mielieblom maak n beskermde lagie tussen die vulsel en meringue wat help dat die tert nie waterig raak nie.
Bak vir 25min, skakel die oond af en maak die oond deur effens oop en laat in die oond afkoel.
Bêre in die yskas.
En dan die granadilla curd resep wat ongeveer 500ml maak
6 groot eiers
120 gr botter
250 ml suiker
250ml granadilla pulp met pitte en al
Verhit die botter, suiker en pulp in n swaarboom kastrol tot al die suiker gesmelt is en dit net wil begin kook. Verwyder van die hitte en laat effens afkoel.
Klits die eiers goed saam en meng n klein bietjie van die warm mengsel by die eiers, klits goed en voeg nog van die warm mengsel by die eier mengsel....klits weer goed, want jy wil nie hê die warm mengsel moet die eiers laat skif nie. Voeg nou die eier en granadilla mengsel alles terug by dit wat nog in die pot is. Sit die pot terug op die stoof en klits heeltyd totdat dit begin verdik. Haal van die hitte af en los dit in die pot om af te koel. Skep in mooi gesteriliseerde flessies en hou in die yskas.
Dit kan tussen twee lae koek gesmeer word, saam met geklitste room as n vulsel vir n pavlova, of n vulsel vir die gaatjie van granadilla meringue cupcakes, maar die beste van alles netso met n lepel uit die flessie te eet.....stout maar lekker!
No comments:
Post a Comment