Butter beans soos dit op die blikkie staan, so ek is verseker dat my direkte vertaling totaal verkeerd is, maar dit sê so lekker en klink so mooi vir my!
Hierdie is n resep van my "favourite celebrity chef" - JAMIE OLIVER
Wat noem n mens dit nou weer..... Kopie regte voorbehou, geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word op enige manier......blablabla......Wel ek sou meer daaraan dink as bemarking. In elk geval is ek verseker Jamie kan nie Afrikaans verstaan of lees nie, so ek deel dit met julle, seker hy sal tog nie omgee nie.
Jy het nodig:
3-4 repies streaky bacon
2 tamaties
1 blikkie butter beans
Olyf olie
Sout en swart pepper
Wit druiwe asyn
Vars Basil blare
Verhit n knertsie olyf olie in n pan.......n Jamie Oliver non-stick pan.
Sny die bacon in blokkies en braai tot bros en goudbruin.
Sny die twee tamaties sommer rofweg op en voeg by die bacon.
Voeg dan ook die hele blikkie butter beans by tesame met die sappe waarmee dit ingele is.
Laat die hele spulletjie oor stadige hitte lekker prut tot meeste van die waterigheid weggekook het.
Geur met sout en varsgemaalde pepper. En gooi n skootjie van elk olyf olie en asyn by.
Net voor opdien roer opgekapte basil blare by.
Hierdie boontjies is heerlik saam met brosgebraaide maalvleis, roosmaryn en growwe sout oondgebakte aartappels in die skil en n kraak slaaitjie.
Mense ek sê vir julle dis verby lekker! En terwyl julle so eet maak sommer n mental note om vir julle Jamie Oliver se 30 Minute Meals kookboek aan te skaf!
Baie dankie vir die idee. My boontjies het van gister in die water gelê. Venaand maak ek lekker boontjie bredie, ek gaan sommer lekker kook vleisie by sit.
ReplyDeleteDottie met jou (hoewel baie selde) resepte oppi lug, sal ek maar die boek los en jou saamdra waarookal daar internet beskikbaar is! onthou om die skaap skenkels se protokol te gooi - dit was darem die lekkerste wat ek in 'n lang tyd vleis geproe het!
ReplyDelete